Burgers van Haïti wat dakloos gelaat is deur die verwoestende aardbewing wat tot dusver sowat 2 000 lewens geëis het, is woedend oor die “gebrek aan staatshulp”.
Duisende mense het Woensdag ’n vierde nag in die oopte deurgebring en talle moet sonder skoon water en kos klaarkom.
Die premier, Ariel Henry, het belowe dat hulp vinnig op pad is nadat hy gevlieg het na die gebiede in Les Cayes in die suidweste van Haïti wat Saterdag die ergste deur die aardbewing van 7.2 geraak is.