’n Modderstorting in Kameroen se hoofstad, Yaoundé, het Sondag die lewe van minstens 14 mense geëis wat ’n begrafnis bygewoon het.
“Ons dra die lyke na die lykshuis van die sentrale hospitaal, terwyl die soektog na ander mense of lyke voortduur,” het Naseri Paul Bea, goewerneur van Kameroen se sentrale gebied, aan media op die toneel gesê.
Talle mense het ’n begrafnis op ’n sokkerveld aan die voet van ’n 20 m hoë grondwal bygewoon, wat op hulle ineengestort het, het ooggetuies aan Reuters gesê.