Koning Mswati III van Eswatini het ná dae van dodelike betogings in die land ’n oop forumbespreking versoek.
Minstens 50 mense is in die geweld dood en R3 miljard se skade is aan eiendom aangerig.
Volgens Eswatini se regering sal die forumverrigtinge Vrydag by die Ludzidzini-koningshuis gehou word.