Elon Musk sê hy sal nie sy satelliet Starlink gebruik om Russiese nuusbronne te blokkeer nie.
“Starlink is deur sommige regerings (nie Oekraïne nie) aangesê om Russiese nuusbronne te blokkeer. Ons sal dit nie doen nie, tensy ons met ’n vuurwapen gedreig word,” het Musk in ’n twiet gesê.
Dit volg nadat maatskappye soos CNN en BBC aangekondig het hulle sal nie meer uit Rusland uitsaai nie.