Die Verenigde State sal sy militêre teenwoordigheid oor Europa heen as deel van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) se reaksie op Rusland se inval in Oekraïne vergroot.
Die BBC berig ’n permanente weermaghoofkwartier sal in Pole gevestig word, terwyl nuwe Amerikaanse oorlogskepe na Spanje, vegvliegtuie na Engeland en grondtroepe na Roemenië gestuur sal word.