Werknemers by Nike se korporatiewe hoofkantoor in die Amerikaanse deelstaat Oregon is ter wille van hul geestesgesondheid ’n week afgegee voordat hulle in September terugkeer kantoor toe.
BBC News berig die Amerikaanse maatskappy sal vir die week afskakel om aan werknemers ’n blaaskans te gee ná ’n moeilike jaar.
“Gebruik die tyd om te ontspan, van stres ontslae te raak en tyd saam met jul geliefdes deur te bring,” het Matt Marrazzo, senior bestuurder by die maatskappy, in ’n boodskap aan personeellede gesê.