Die Indonesiese parlement het Dinsdag nuwe wetgewing goedgekeur wat seks buite die huwelik verbied met ’n straf van tot ’n jaar tronkstraf
Dit is gedoen ondanks kommer dat die wette toeriste van sy tropiese kus kan afskrik en beleggings kan benadeel, berig Reuters.
Die nuwe kode verbied ook ongetroude paartjies om saam te woon. Dit is met die steun van alle politieke partye aanvaar.