WAARSKUWING: Foto’s en beeldmateriaal in Netwerk24 se oorlogsdekking kan lesers ontstel.
• Talle vermiste mense word steeds in die puin van die winkelsentrum in Krementsjoek in die Poltawa-gebied gesoek nadat Russiese missiele dit getref het. Rusland sê egter die missiele het 'n arsenaal getref en die ontploffing het die brand in die sentrum veroorsaak.
• Die Navo-lid Turkye het ná samesprekings ingestem tot Finland en Swede se aansoeke om lidmaatskap van die Navo-alliansie.
• Die G7-leiers het Dinsdag ooreengekom om ondersoek in te stel na die plaas van 'n verbod op die vervoer van Russiese olie wat teen duurder as 'n sekere prys verkoop is.