WAARSKUWING: Foto’s en beeldmateriaal in Netwerk24 se oorlogsdekking kan lesers ontstel.
• Swaar sneeuneerslae en temperature van onder vriespunt het die Oekraïense hoofstad, Kijif, Sondag getref terwyl miljoene inwoners kragonderbrekings beleef en die huise se sentrale verhitting weens Russiese aanvalle op kraginfrastruktuur buite werking is.
• Dnipropetrofsk is deur vyf Russiese aanvalle met veelvoudige vuurpyllanseerstelsels getref wat verskeie huise en geboue vernietig het. Niemand is dood nie.