Die presidents- en parlementêre verkiesing in sy land is “nie vry en regverdig nie” ná voorvalle van geweld in drie provinsies, het Edgar Lungu, president van Zambië, die naweek gesê.
Volgens Lungu sal hy en sy party, die Patriotic Front, besluit wat hulle te doen staan.
Die sakeman Hakainde Hichilema, wat Lungu se bestuur van die ekonomie kritiseer, is die vroeë voorloper ná die bekendmaking van resultate uit 31 van die land se 156 kiesdistrikte.