’n Voormalige weermaglid van Colombia is Maandag in Panama aangekeer in verband met die sluipmoord verlede jaar op pres. Jovenel Moïse van Haïti, het twee bronne aan Reuters gesê.
Mario Antonio Palacios (43) is van Jamaika na Columbia gedeporteer en is aangekeer terwyl die vlug waarop hy was in Panama oorgestaan het. Hy is gevra om “vrywillig” op ’n vliegtuig na Amerika te klim, sê ’n bron by die Colombiaanse immigrasie.
Die Haïtiaanse owerhede beskuldig Palacios daarvan dat hy lid was van ’n groep huursoldate wat Moïse in Julie vermoor het. Die president se vrou is in die aanval beseer.