’n Brand in die hawe van Beiroet, hoofstad van Libanon, het Donderdagmiddag paniek onder inwoners gesaai. Dit kom veral nadat ’n massiewe ontploffing ’n groot deel van dié stad in Augustus in puin gelê het.
Die brand is volgens Al Jazeera die tweede wat die week op die puin ontstaan het.
Intussen het reddingspanne die week weer gesoek na moontlike oorlewendes ná die ontploffing op 4 Augustus.