Facebook en Instagram het plasings wat aborsiepille op dié sosialemediaplatforms adverteer, vinnig verwyder ná ’n beslissing van die Amerikaanse hooggeregshof verlede week wat grondwetlike beskerming vir die prosedure wegneem.
Memes en plasings wat verduidelik hoe vroue wettig aborsiepille per pos kan bekom, is sedert die geskiedkundige hofbeslissing op sosialemediaplatforms versprei, berig Associated Press.
Sommige adverteerders het selfs aangebied om die pille aan vroue te pos wat in Amerikaanse deelstate woon wat nou aborsies verbied.