Pres. Wladimir Poetin van Rusland het lidlande van die Brics-groepering Donderdag op die Brics-beraad gevra om saam te werk teen wat hy die “selfsugtige en ondeurdagte sanksies” teen Rusland noem.
Die sanksies, wat verskeie Westerse lande teen Rusland ingestel het ná sy inval in Oekraïne, is ook deur pres. Xi Jinping van China veroordeel.
Poetin is die gasheer van die 14de Brics-leiersberaad wat Donderdag begin het. Dit vind virtueel plaas.