“Ek was nie bang nie, ek leef nog,” het pous Franciskus Saterdag in ’n ligte luim gesê terwyl hy die hospitaal verlaat het waar hy vir brongitis behandel is.
Die pous (86) is die afgelope Woensdag na die Gemelli Poli-hospitaal geneem nadat hy asemhalingsprobleme ondervind het. Hy het sedertdien goed gereageer op ’n dosis antibiotika, het sy mediese span gesê.
In teenstryd met toe die pous in 2021 ontslaan is by die hospitaal ná ’n kolonoperasie en die media ver weggehou is, het die pous Saterdag die mense gegroet wat gewag het om hom ’n spoedige herstel toe te wens, asook met verslaggewers gepraat.