Hassan Diab, Libanon se waarnemende premier, het geweier dat ’n regter wat hom en drie voormalige ministers van nalatigheid aangekla het in verband met die ontploffing in Beiroet se hawe vroeër vanjaar, hom ondervra.
Die klagte wat regter Fadi Sawan verlede week teen die politici aanhangig gemaak het, het skerp kritiek ontlok van invloedryke partye, soos die Sjiïet-groep Hezbollah en die Soennitiese leier Saad al-Hariri.
Sommige politici meen Sawan is selektief in sy besluit oor wie om aan te kla en hy het sy magte oorskry deur regeringsministers aan te kla. Ander reken dit is ’n dapper besluit.