Prins Andrew se regspan verwerp die 38-jarige Virginia Giuffre Roberts se bewerings dat die prins haar seksueel mishandel het toe sy 17 jaar oud was en het ’n Amerikaanse regter versoek om Giuffre se siviele regsaksie teen Andrew uit te gooi.
In dokumente wat Andrew se regspan Vrydag by die Amerikaanse distrikshof in Manhattan ingedien het, sê Andrew Giuffre se regsaksie teen hom is ongegrond en ’n poging om “nog ’n betaaldag” te kry uit haar bewerings teen Jeffrey Epstein en sy vriende.
Epstein, veroordeelde seksmisdadiger en ’n vriend van Andrew, het homself in November 2019 in ’n New Yorkse tronk om die lewe gebring terwyl hy verhoorafwagtend was.