Die Amerikaanse regter in die saak waarin prins Andrew van seksuele aanranding beskuldig word, hoop om die saak laat aanstaande jaar aan te hoor.
Regter Lewis Kaplan het Woensdag in ’n voorverhoor in New York gesê hy hoop om die verhoor tussen September en Desember aan te hoor, het The Guardian berig.
Die 61-jarige seun van koningin Elizabeth word deur die 38-jarige Virginia Giuffre Roberts daarvan beskuldig dat hy haar seksueel aangerand het toe sy 17 jaar oud was.