Die miljardêr Rupert Murdoch en sy aktrise-vrou, Jerry Hall, gaan volgens berigte in Amerika skei.
Dit sal die 91-jarige Murdoch se vierde egskeiding wees. Die 65-jarige Hall was voorheen met die hoofsanger van The Rolling Stones, Mick Jagger, getroud.
Die BBC berig dat verteenwoordigers van Murdoch en Hall, wat in 2016 getroud is, nog nie kommentaar gelewer het nie.