Sergei Lawrof, Russiese minister van buitelandse sake, is Maandag in Suid-Afrika om samesprekings te voer met een van sy land se belangrikste bondgenote op die Afrika-kontinent wat verdeeld is oor Rusland se inval in Oekraïne en die Weste se pogings om Rusland daaroor te isoleer.
Hy sal met sy eweknie, Naledi Pandor, in Pretoria vergader in wat Suid-Afrikaanse amptenare ’n gewone besoek noem. Opposisielede en die klein Oekraïense gemeenskap het die besoek veroordeel.
’n Woordvoerder van Pandor se departement sê Lawrof het vroeg Maandagoggend in die land aangekom. Hulle sal om 12:00 ’n gesamentlike nuuskonferensie hou.