Een mens is dood en minstens tien beseer in ’n selfmoordbomaanval Woensdag by ’n polisiestasie in die Indonesiese stad Bandung.
Die aanvaller, glo ’n Islamitiese militant met bande met die groep Jamaah Ansharut Daulah (JAD), is glo kwaad oor die nuwe strafwetboek wat in dié land aanvaar is.
Verskeie dokumente waarin beswaar gemaak word teen die nuwe strafregtelike bepalings is op die toneel gevind, het Listyo Sigit Prabowo, nasionale polisiehoof, gesê.