Die skool in Uvalde in Texas, VSA, waar 19 leerlinge en twee onderwysers verlede maand doodgeskiet is, gaan gesloop word.
Die burgemeester, Don McLaughlin, het dit Dinsdag aangekondig op ’n stadsraadsvergadering waar ouers van die Robb Elementary School antwoorde oor die skietvoorval geëis het.
Die BBC berig die gemeenskap is woedend omdat die polisie op 24 Mei meer as ’n uur lank op die toneel gewag het voordat die skieter oorrompel is.