Pres. Gotabaya Rajapaksa van Sri Lanka het Dinsdag met ’n militêre straler uit die land gevlug te midde van massabetogings oor die ekonomiese krisis in dié land.
Rajapaksa (73), wat in 2019 tot president verkies is en veiligheid en stabiliteit belowe het, het dae gelede aangekondig dat hy Woensdag uit sy amp sal bedank, maar het ’n dag voor dit gevlug.
Rajapaksa, sy vrou, Ioma, en twee lyfwagte het op ’n Sri Lankaanse lugmagvliegtuig na Malé, die hoofstad van die Maledive, gevlieg, het die Sri Lankaanse lugmag Woensdag in ’n verklaring bevestig.