Sonny Barger, stigterslid van die motorfietsklub Hells Angels, is Woensdag op 83-jarige ouderdom dood.
USA Today berig dat die nuus van die ikoniese motorfietsryer se dood “ná ’n kort stryd teen kanker” in ’n verklaring op sy amptelike Facebook-blad bekend gemaak is.
Barger het in 1957 die Angels-groep in Oakland, Kalifornië, gestig en onmiddellik die gesig van die motorfietsklub geword.