“Ek en my ma het Maandag in haar motor gevlug uit ons tuisstad, Tsjernihif, terwyl die Russiese troepe slegs 7 km van ons huis af is en die stad gebombardeer word.”
So lui Alisa Sjmarowa (22) se WhatsApp-boodskap aan my oor “die mees angswekkende rit van haar lewe” in haar ma, Irina Sjmarowa (54), se Nissan Juke.
Ons het drie jaar gelede in Parys, Frankryk, ontmoet en sy en haar Oekraïense vriend Oeleksii Hloesjak (21) het my daardie Paasnaweek in Amsterdam, Nederland, besoek.