Die eerste vrou wat tot Swede se eerste minister verkies is, was skaars 12 uur in haar nuwe pos voordat sy Woensdag bedank het.
Magdalena Andersson, leier van die Sosiaal-Demokratiese Party, het bedank nadat die Groen Party hom aan die koalisie met haar party onttrek het.
Andersson het egter aan die speaker van die parlement gesê sy hoop om weer in die pos as hoof van ’n eenpartyregering aangestel te word. Dit lyk of die kans hiervoor redelik goed is, gegewe die steun van ander partye.