Die Taliban-regering het ’n beroep om hulp gedoen nadat meer as 1 000 mense in ’n aardbewing in die suidooste van Afganistan dood is.
Die aardbewing van 6.1 het die Khost- en Paktika-provinsie Woensdag vroeg sowat 44 km van die stad Khost getref en kon tot in Pakistan en Indië gevoel word.
Swaar reën, uiters beperkte hulpbronne en die ruwe terrein belemmer reddingspogings terwyl die land reeds in ’n humanitêre en ekonomiese krisis is nadat Amerika verlede jaar sy troepe onttrek en die regering ineengestort het.