Die polisie het die “verkeerde besluit” geneem om te wag om ’n klaskamer in Uvalde, Texas, te bestorm toe ’n gewapende man 19 kinders doodgeskiet het.
BBC News berig Steven McCraw, direkteur van Texas se departement van openbare veiligheid, het op ’n mediakonferensie gesê die polisie het gewag omdat hulle gemeen het die skietery is verby.
Dit ondanks verskeie noodoproepe van leerlinge in aangrensende klaskamers waarin hulle gesmeek het die polisie moet kom help.