Tonga sê dit is ‘ongekende ramp’ ná vulkaniese uitbarsting en tsoenami

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Hunga Tonga-Hunga Ha’apai-vulkaan, wat in die see geleë is, het Saterdag omstreeks 17:30 (plaaslike tyd) sowat 30 km suidoos van Tonga se Fonuafo’ou-eiland uitgebars.
Die Hunga Tonga-Hunga Ha’apai-vulkaan, wat in die see geleë is, het Saterdag omstreeks 17:30 (plaaslike tyd) sowat 30 km suidoos van Tonga se Fonuafo’ou-eiland uitgebars.

Tonga sê dit is deur ’n “ongekende ramp” getref in sy eerste amptelike verklaring sedert Saterdag se vulkaniese uitbarsting en daaropvolgende tsoenami.

Die regering het in die verklaring drie sterftes – twee Tongane en ’n Britse burger – bevestig, berig die BBC. Talle mense is ook beseer.

Volgens die regering is party van die kleiner afgesonderde eilande veral erg geraak. Al die huise op die Mango-eiland is verwoes en daar is slegs twee huise staande op die Fonoifua-eiland. Uitgebreide skade is ook aan die Nomuka-eiland aangerig. Die sterfgevalle is ’n 65-jarige vrou van die Mango- en ’n 49-jarige man van die Nomuka-eiland.

Dit is ook uit dié gebied waar ’n aktiewe noodsein bespeur is, het die Verenigde Nasies (VN) se kantoor vir die koördinering van humanitêre aangeleenthede (Ocha) Maandag berig.

Die telefoon- en internetverbindings met die Tonga-eilandgroep is nog nie herstel nie nadat die vulkaniese uitbarsting ’n ondersese kabel beskadig het.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Dinsdag gesê ’n Tongaanse amptenaar het met behulp van ’n satellietfoon inligting aan organisasies van die VN deurgegee.

Zed Seselja, Australië se minister van internasionale ontwikkeling en die Pasifiese streek, het gesê beamptes van Tonga het gehoop om mense van die afgesonderde laagliggende Ha’apai-eilande, in die sentrale Tonga-gebied, te verwyder, berig Reuters.

Mense aan die weskus van die hoofeiland van Tongatapu is verwyder weens “beduidende skade”.

Seini Taumoepeau, ’n Tongaanse aktivis en kunstenaar wat in Sydney, Australië, woon, het gesê die moontlikheid dat sy nie weer geliefdes sal sien nie, is haar ergste vrees.

“Ons het nog geen kontak met enigiemand van Tonga gehad sedert die vulkaniese uitbarsting en die tsoenami wat hulle daarna getref het nie,” het sy aan Reuters gesê.

Pogings om hulp te verleen, word belemmer deur die vulkaanas wat oor die gebied uitgesak het.

Vrywilligers vee die aanloopbaan van Tonga se lughawe in die hoofstad, Nuku’alofa, in Tongatapu, skoon sodat vliegtuie met broodnodige drinkwater en voorrade daar kan land.

Volgens Ocha sal die lughawe na verwagting Woensdag oopmaak.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 465/10
Sri Lanka 397/10 & 39/2
Rand - Dollar
16.05
-0.8%
Rand - Pond
19.81
+0.3%
Rand - Euro
16.81
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.17
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-1.8%
Goud
1,821.57
+0.4%
Silwer
21.47
-0.8%
Palladium
1,997.50
-2.9%
Platinum
939.50
-1.7%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
62,494
-0.9%
Alle aandele
69,083
-0.9%
Hulpbronne 10
71,795
-1.4%
Industriële 25
76,804
-1.3%
Finansiële 15
16,026
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos