Oudpres. Donald Trump van Amerika is deur ’n jurie in Manhattan aangekla ná ’n ondersoek oor omkoopgeld wat hy aan die porno-ster Stormy Daniels betaal het.
Hy is die eerste voormalige Amerikaanse president wat strafregtelik aangekla word, maar die aanklagte teen hom is nog onbekend, want die akte van beskuldiging is verseël.
CNN het Donderdag berig Trump staan tereg op meer as 30 aanklagte wat met sakebedrog verband hou.