’n Indonesiese valskermsoldaat het wonderbaarlik oorleef nadat hy van ’n hoogte van byna 500 m (1 600 voet) geval het toe sy valskerm nie behoorlik wou oopmaak nie.
Volgens Daily Mail het Salman Krisnes verlede Dinsdag aan ’n opleidingsoefening op die Sulaiman-lugbasis, oos van die hoofstad Djakarta, deelgeneem.
’n Video, wat van die grond af geneem is, wys hoe Krisnes saam met ander soldate uit ’n Hercules C-130-vliegtuig spring, maar sukkel om sy valskerm oop te kry.