’n Veldtog is Dinsdag in Amsterdam begin om toeriste te ontmoedig wat die stad wil besoek om fuifpartytjies te hou.
Die Nederlandse hoofstad probeer al lank om rumoerigheid weens onder meer rampartytjies hok te slaan, veral naby sy Rooiligdistrik.
Die Bly weg-veldtog behels dat mense wat aanlyn na sommige wegbreekplekke in Amsterdam soek, advertensievideo’s sal ontvang om hierdie gedrag te ontmoedig.