Hulle ly aan vlugtelingsindroom, sê ’n ma en dogter van die dorpie Iwano-Frankiwsk in Oekraïne wat hulle sedert Maart in Amsterdam bevind.
“Jou brein sê vir jou jy het die regte ding gedoen om die land te verlaat, maar jy kan nie help om te dink aan dié wat nie die geleentheid gehad het nie en die mans wat moes agterbly om oorlog te maak.”
Oksana (42) en haar dogter, Diana (21), sê hulle werk hard om van hul trauma te genees, maar die naasteliefde van vreemdelinge is ’n “padkaart van liefde” in ’n landskap van oorlog.