Die hoogste Amerikaanse hof het Vrydag beslis dat vroue voortaan geen grondwetlike reg op aborsie het nie.
Dit beteken dat individuele Amerikaanse state aborsie kan verbied.
Daar word verwag dat minstens 26 state onmiddellik of so gou as moontlik ’n verbod op aborsies gaan instel, berig The Guardian.