Libanon se parlement het Donderdag ’n noodtoestand in die land aanvaar wat omvattende mag aan die weermag gee vir wat genoem word die uitsonderlike omstandighede in die land ná die reuse-ontploffing verlede week in Beiroet.
Die kabinet het op 5 Augustus ’n noodsituasie van twee weke afgekondig, die dag nadat die ontploffing 172 mense se lewe geëis het en sowat 6 000 beseer is.
Die parlement het gister gestem vir die afkondiging van ’n noodtoestand van agt dae, soos wat wetlik vereis word, hoewel ook daarteen gestem kon word.