’n Nasionale kragonderbreking het Zambië Sondag getref wat mynmaatskappye gedwing het om van dieselkragopwekking gebruik te maak.
Zambië is die tweede grootste koperprodusent in Afrika
Die staatsbeheerde kragmaatskappy Zesco sê in ’n verklaring dat daar ’n onderbreking in sy stelsel was en hy werk daaraan om te verseker dat alle stelsels so vinnig as moontlik herstel word.