Zambiërs het Donderdag in groot getalle gaan stem in die presidensiële en parlementêre verkiesing in Zambië.
Van die kiesers het al van die vroeë oggendure gewag vir die stembusse om te open in dié deurslaggewende verkiesing waarin talle kenners glo pres. Edgar Lungu en sy Patriotic Front kan deur Hakainde Hichilema en dié se United Party for National Development (UPND) onttroon word.
Opposisiepartye meen Lungu sal nie maklik van sy mag afstand doen as hy die verkiesing sou verloor nie. Hulle meen hy het die weermag ontplooi om kiesers te intimideer.