Zambië se pres. Edgar Lungu (64), leier van die Patriotic Front, het sy nederlaag in verlede week se presidensiële verkiesing in dié land aanvaar, al sê hy die verkiesing was nie vry en regverdig nie.
Op sy beurt het Hakainde Hichilema van die United Party for National Development, die aangewese president, ’n olyftakkie na sy voorganger uitgehou.
Die 59-jarige Hichilema, wat die sesde keer ’n kandidaat in die presidensiële verkiesing was, maar vyf keer verloor het, het ’n weghol-oorwinning behaal. Hy het sowat ’n miljoen meer stemme as Lungu op hom verenig en die Zambiese verkiesingskommissie het hom as die wenner verklaar.