Oekraïne het die goewerneurs van vyf slagveldprovinsies en ’n klomp ander senior amptenare afgedank in die grootste skommeling van sy oorlogstydse leiers sedert Rusland se inval op 24 Februarie verlede jaar.
Onder die meer as ’n dosyn senior amptenare wat bedank het of afgedank is, was die goewerneurs van die streke Kijif, Soemi, Dnipropetrof, Kherson en Zaporizjzjia.
Dié streke was die afgelope jaar ’n slagveld met hewige gevegte, wat aan die goewerneurs ’n besonderse profiel besorg het.