Terwyl die Stormers Saterdag die Haaie op Kingspark in Durban gegaffel het, het die Haaie se ysterman Eben Etzebeth in sy troupak voor die kansel gestaan – net soos sy goeie vriend Frans Malherbe, die Stormers se anker in die skrum.
Etzebeth het net dae nadat hy as Suid-Afrika se Rugbyspeler van die Jaar aangewys is, op die La Paris-landgoed op Franschhoek met die aktrise Anlia van Rensburg getrou.
Hul troukar was ’n pikswart 1964-Chevrolet Impala.