Terwyl ’n yshokkiespeler van Gqeberha ’n kankerstryd voer, wil sy die geleentheid gebruik om ander mense van die voorkoming daarvan bewus te maak.
Kelley Wilson (35) het fase 4- (trippel-negatief) borskanker wat na haar longe versprei het.
Sy praat stadig wanneer sy vertel van 21 April 2020, die dag wat sy ’n knop in haar linkerbors gevoel het.