Kennisse van die TV-persoonlikheid en geleentheidsbeplanner Aleit Swanepoel (47), wat Maandagoggend dood in sy huis in Somerset-Wes gevind is, is ontstig oor berigte wat hom met ’n swendelaar verbind wat onlangs sy eie lewe geneem het.
Die kennisse was Dinsdag teësinnig om oor die gebeure te praat toe Netwerk24 sy huis in Somerset-Wes besoek het.
Sy onderneming, The Aleit Group, het vroeër in ’n verklaring bekend gemaak dat hy “Sondagaand in sy slaap oorlede is”. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.