Hulle hou gewoonlik hande vas wanneer hulle saam oor die eindstreep van ’n wedloop hardloop, maar Sondag het hy nie haar hand gevat nie, hy het op sy knie gesak en haar om haar hand gevra.
Vir die volle duur van die Twee Oseane-ultramarathon in Kaapstad het Colin Bosch (60) met ’n ring in sy sak gedraf voordat hy sy vriendin, Sharon Eldridge (59), die ja-woord by die eindstreep gevra het.
Die paartjie van Oos-Londen in die Oos-Kaap is reeds die afgelope dekade saam.