Die lyk van Daan Jordaan (56), ’n boer van Villiers wat as ’n megaboer beskou word, is Donderdagoggend in die Watervalrivier naby die Vaalrivier in Mpumalanga gevind.
Die rivier is ’n sytak van die Vaalrivier.
Jordaan het volgens sy broer, Jaco, moontlik van ’n laagwaterbrug afgetrap toe hy deur die rivier wou loop.