Kenneth de Heyn van die dorpie Hamme in België het nie van Hoopstad se bestaan geweet toe hy tien jaar gelede hierheen geroep is nie.
“Hôpstad? Ek het dan nie eens geweet wat John Deere is nie.”
Op 32 is hy ’n jong man met blink oë uit die noordweste van Europa wat Afrikaans se “r’e” sag brei. ’n Charismatiese figuur, maar ook ’n introvert wat ure na ’n seun sal luister.