“Ons verloor ’n kind, ’n vennoot, die ma van ons kleinkinders, ’n bestuurder en ’n sjef. Dit is alles waarvoor ons gewerk het.”
So sê Gerhard en Marie Lombard, eienaars van De Oude Kraal-landgoed buite Bloemfontein, wie se dogter Marie-Louise hierdie week dood is.
Marie-Louise Nel (37), bestuurder en sjef van die gewilde toerismebestemming, is Dinsdag dood op die plaas gekry. Geen misdaad word vermoed nie.