Twee jaar nadat hy gevind is waar sy seun en skoondogter hom glo in ’n kamer in Vanderbijlpark toegesluit, verwaarloos en laat verhonger het, is oom Ben Hattingh ’n ander mens.
Sy broeke is vier groottes groter, hy is goed versorg en hy glimlag amper onophoudelik. Die honger knaag wel steeds, al kry hy nou genoeg kos.
“Ek bly baie lekker hier,” sê die 71-jarige Hattingh Vrydag onder die lapa langs die swembad by ’n tehuis vir bejaardes in die Vaaldriehoek.