Die Griekwas moenie die Pumas onderskat in Saterdag se Curriebekereindstryd in Kimberley nie, meen die legendariese oud-Springbok Frik du Preez (87).
“Dit is twee lekker spanne wat teen mekaar speel. Ek sien uit daarna om Saterdag na die wedstryd te kyk. Die spanne het goed gespeel en ek gun hulle die geleentheid. Dit is goed dat hulle so kan kompeteer,” het Du Preez gesê.
Die Griekwas en Pumas sal sake in Windhoek Draught-park uitspook en na verwagting voor 12 000 mense, nadat die regering Woensdagaand die laaste Covid-19-regulasies opgehef het.