Sky, die dapper keeshond van ’n gesin van Kariega, het hul negejarige seuntjie uit die kake van twee pitbulls van die woonbuurt gered.
Luandré Dixon (9) het Sondag omstreeks 17:16 die hek oopgestoot vir sy ma, Simone Simpson, wat hul motor uit die motorhuis getrek het, toe die twee honde hom bestorm het.
“Ons het nie eens die honde gehoor óf gesien nie. Toe ons weer sien, toe het hulle vir Sky beetgekry,” vertel Simpson.