’n Man van Swellendam het vandeesweek byna sy motor omgegooi toe hy ’n oproep uit Durban kry dat sy kat, wat in Oktober verlede jaar in Swellendam vermis geraak het, daar gevind is.
“Die vrou wat gebel het, het gesê sy moes Google waar Swellendam is toe sy die inligting op Nutmeg se mikroskyfie sien,” skerts Jakes van Eeden (39).
Van Eeden sê hulle het Nutmeg begin 2020 by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Swellendam aangeneem.